By is ons verbind tot uitnemende en verantwoordbare opvoeding. Ons benadering tot akademie, sport en kultuur is gewortel in Christelike waardes, wat ons as riglyn en grondslag vir ons onderrig en skoolgemeenskap gebruik. Met ‘n onwrikbare geloof in die waarde en noodsaaklikheid van ‘n opvoeder se rol, streef ons daarna om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.
Ons handhaaf ‘n oopdeurbeleid en moedig wedersydse kommunikasie aan, sodat enige vrae, uitdagings of voorstelle op ‘n positiewe manier aangespreek kan word.
Die sukses van ons skool – en veral die opvoeding van u kind – is ‘n spanpoging. Ons waardeer en benodig die ondersteuning en samewerking van ouers om ‘n omgewing van groei en prestasie te bevorder. Elke het ‘n verantwoordelikheid om ons skool se naam met trots te dra en te versterk. Saam bou ons ‘n skoolgemeenskap waar kind, ouer en onderwyser ‘n ware vennootskap vorm – ‘n vennootskap in aksie!